LWO Opleiding
Opleiding
Groei in jou roeping...
As gemeente glo ons daarin dat alle gelowiges vir dienswerk toegerus moet wees. As kind van God is jy geroep om mense te bedien, om ander te inspireer en hulle die pad na Jesus te wys. Om jou te help groei sodat jy weer ander kan toerus en help groei, het ons 'n hele aantal opleidingsgeleenthede en kursusse wat binne ons gemeente aangebied word. Kontak ons gerus vir meer besonderhede oor ons kursusse en opleidingsgeleenthede. In die toekoms sal dit ook hier gepubliseer word.
Oorwinningstoerusting - Dit handel oor onderwerpe soos:
a. Hoe om die stem van die Here te hoor
b. Hoe om van wêreldse waardesisteme los te kom
c. Wat die wil van God is
d. Wat 'n gebalanseerde lewe is
Nuwe Lewe - Dit handel oor:
a. Bekering
b. Wedergeboorte
c. Doping en doping in die Heilige Gees
Huweliksvoorbereidingseminaar, Leierskapsopleiding, ens.
Hou ons gemeente se kalender dop vir die datums waarop ons kursusse aangebeid word.




