LWO Tegniesebediening

Sonder die Tegniesebediening sal ons eredienste beslis nie so vlot verloop nie. Hierdie bediening stel die gemeente in staat om alles wat tydens ons dienste gebeur behoorlik te kan hoor. Die bediening se aktiwiteite sluit in klankmeng (mix), die opstel van al die klanktoerusting, algemene onderhoud van die toerusting (luidsprekers, kabels, mikrofone, mengbank, ens.)
Sonder die Tegniesebediening sal ons eredienste beslis nie so vlot verloop nie. Hierdie bediening stel die gemeente in staat om alles wat tydens ons dienste gebeur behoorlik te kan hoor.
Die bediening se aktiwiteite sluit in klankmeng (mixing), die opstel van al die klanktoerusting, algemene onderhoud van die toerusting (luidsprekers, kabels, mikrofone, mengbank, ens.)
Raak betrokke? Wat behels my betrokkenheid?
Indien jy betrokke wil raak het jy nodig om die volgende te doen:
Aansoekvorm: Voltooi 'n aansoekvorm en faks dit terug na ons toe. Jy kan dit ook persoonlik inhandig by die inligtingstoonbank elke Sondag na afloop van die diens. Die aansoekvorm kan hier afgelaai word.
Persoonlike gesprek: Die bedieningsleier sal graag 'n bietjie tyd met jou wil spandeer. Die doel van die gesprek is net om jou beter te leer ken asook om jou met meer inligting te voorsien aangaande die bediening en die pad vorentoe. Die bedieningsleier sal jou ook meer vertel van ons visie, kernwaardes en passie.
Spanindeling: Jy sal in 'n span ingedeel word en jy sal 'n rooster ontvang met die datums wanneer jy en jou span aan diens is.
Opleiding: Ons sal alle nodige opleiding verskaf. Die opleiding behels dat jy 'n paar opleidingsessies sal moet bywoon.
Tyd? Ons begin Sondae om 06:20 met die opstel van toerusting.
Vir meer inligting, kontak gerus ons gemeentekantoor.




