LWO Profetiesebediening

Ons Profetiese bediening is daar om die gemeente te dien deur strategiese insette te lewer. Die bediening fasiliteer ook opleiding binne die gemeentekonteks oor verskeie aspekte van die Profetiese, soos hoe om God se stem te hoor, die verskil tussen Ou en Nuwe Testament profesie, die Heilige Gees se werking, ens.
Benodig jy meer inligting?
Kontak gerus ons gemeentekantoor.

Ons Profetiese Besigheidsbediening (PBB) dien as 'n ondersteuningsarm vir ons sakemanne en vroue in hul besighede. PBB is 'n forum waar sakepersone na toe kan kom indien hul 'n behoefte het aan profetiese insette m.b.t. belangrike besluite wat geneem moet word binne hul besigheidskonteks. Dit gebeur baie dat strategiese besluite geneem moet word om voortdurend binne Koninkryksverband relevant en produktief te bly. Dit is waar PBB 'n ondersteunende rol kan speel. PBB se hart en begeerte is om saam met ons sakepersone te bid en objektiewe Gees geïnspireerde insette te lewer waar nodig.
Alhoewel PBB strategiese insette lewer, word sakepersone aangemoedig om self God se aangesig se soek t.o.v. besluite wat geneem moet word. PBB se dienste is slegs aanvullend en vervang nie jou verantwoordelikheid om self by God te hoor nie.
Afsprake
Op hierdie stadium is PBB dienste beskikbaar elke tweede Donderdagoggend vanaf 08:00-09:00 by die Lewende Woord Oos Gemeentefasiliteite. Sessies is 'n maksimum van 1 uur lank. Om te verseker dat voldoende tyd aan gebed gespandeer word neem ons net 1 afspraak per oggend.
Om 'n afspraak te maak, kliek hier.
Padkaart en aanwysings, kliek hier.




