Thursday, February 23, 2012
   
Text Size

Snuffel rond op ons webtuiste...

LWO Diakens

diakens

Manne en vroue van goeie karakter! Kom word deel van ons span dienswerkers en ervaar die seën van fisieke en geestelike diens in die gemeente, 1 Tim. 3:13.

In elke gemeente is daar 'n behoefte aan manne en vroue met 'n hart wat daarop ingestel is om as diakens in die Liggaam van Christus te dien.

As diakens het ons fisiese pligte wat verband hou met al die praktiese aspekte van gemeente-wees, soos Sondag dienste, die fasilitering van hulpskemas en enige ander take wat bereidwillige hande en voete vereis. Dan is daar ook die ondersteuning wat ons tydens elke diens bied as deel van die geestelike versorging van die gemeente. Die Woord het spesifieke vereistes waaraan 'n diaken moet voldoen. Ons nooi graag almal wat voel dat die Heilige Gees hulle as diaken roep om deel te word van ons span.

Benodig jy meer inligting?
Kontak gerus vir Pierre by 0716853810.

Diaken Aansoekvorm:

Laai af - Diaken Aansoekvorm

Belangrike Nuus (Twitter)