Thursday, February 23, 2012
   
Text Size

Snuffel rond op ons webtuiste...

LWO Troues

Wat jy moet weet...

Hier is 'n paar noodsaaklike punte waarvan jy kennis moet neem indien jy beplan dat ons jou in die huwelik bevestig.

Die huwelik is 'n wonderlike instelling van God. Lewende Woord Brummeria se fasiliteite is geskik vir klein óf groot troues. Met 'n ouditorium  van 2 500 sitplekke of 'n kapel van 200 sitplekke, maak grootte by ons nie saak nie! Verder is doeltreffende spyseniering deur ons Oase Restaurant beskikbaar. Indien jy wil hê dat ons jou in die huwelik bevestig, sal jy ten minste 3 maande voor die troue by ons moet registreer vir voorhuwelikse berading en die identifisering/aanwysing van 'n beskikbare leraar. Kontak ons gerus vir meer inligting oor die voorbereidingsproses wat jy sal moet deurgaan. Toemaar, dit is nie so erg as wat jy dink nie.

Onderwerpe wat in ons voorhuwelikse beradingskursus bespreek word, sluit in:
- Wat is God se doel met die huwelik.
- Evaluering van temperamente en riglyne vir die hantering van verskillende temperamente.
- Bepaling van kernbehoeftes en riglyne vir die hantering van verskillende behoeftes.
- Bepaling van romantiese liefdesbehoeftes.
- Bepaling van liefdestale.
- Evaluering van kommunikasiestyle en riglyne vir konstruktiewe kommunikasie.
- Riglyne vir die hantering van finansies.
- Man en vrou se verskillende rolle en verantwoordelikhede vir suksesvolle spanwerk.
- Geestelike groei en intimiteit
- Seksuele intimiteit-evauasie (vir gebruik na die bruilof)
- 'n DVD selfdoen-huweliksvoorbereidingspakket met handleidings is ook beskikbaar.

Belangrike Nuus (Twitter)