Ondersteuning
Almal van ons gaan een of ander tyd deur moeilike tye. Dalk is jy nou in so 'n plek. Dit is nie altyd maklik om alleen deur die uitdagings van die lewe te werk nie. Dit is in moeilike en swaar tye dat ons as kinders van God mekaar moet ondersteun en saamstaan, mekaar moet bemoedig en moed inpraat. God glo in jou, al voel dit dalk nie nou vir jou so nie. Jesus het belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie, en dit sluit jou in.
Ons is daar vir jou, kontak ons gerus indien jy ondersteuning benodig.
Kontak vir: Jan Hugo
Tel: (012) 845-8322
E-pos vir Jan Hugo
Benodig jy beradig?
Ons het wonderlike en toegewyde mense wat saam met jou deur 'n beradingsproses kan stap. Hetsy jy verhoudingsprobleme, huweliksprobleme of bevryding benodig, of dalk net met iemand wil gesels oor dinge uit die verlede, kontak ons gerus en neem die eerste tree na vryheid en genesing.
Kontak vir: Riana
Tel:082 942 5723
Of e-pos ons Gemeentekantoor
Belangrike Nuus (Twitter)
Powered by Twitter Feed




