LWO Baba Inseëning

Wil jy jou baba inseën?
U kind is vir die Here so kosbaar en daarom is dit ons as gemeente 'n voorreg om u kind in te seën en aan die Here toe te wy.
Kinders word een keer per maand tydens 'n Sondagoggend diens ingeseën. Die datums hiervoor is vooraf bepaal en is beskikbaar op die maandprogram. Ouers moet hul kind/ers se besonderhede 2 weke voor die betrokke Sondag vir ons gee. Ons versoek die volgende van jou:
1. Voltooi die inseënvorm en handig dit in of faks (0866211374) dit vir ons terug. Jy kan die vorm hieronder aflaai. Die vorm is beskikbaar in PDF formaat.
Inseënvorm in PDF Formaat (46.19KB)
2. 'n Kort geskrewe stukkie oor jou kind (nie meer as 10 lyne nie). Dit moet verkieslik 'n seëngebed wees wat jy jou kind toebid.
3. 'n Foto van jou kind (700 x 525). Jy kan punte 2 & 3 vir ons epos, nie faks nie asb.




